Koop ons lyfsalwe
LYFSALF / BODY BALM
Bederf jou sintuie en jou vel met ons lyfsalf-reeks wat sorgvuldig vervaardig is om jou vel te voed.
Die hoof bestandeel is skaaptalg (tallow) wat jou vel se eie olies naboots en maklik geabsorbeer word. Dis propvol vitamines en nutriënte.
Deur die eienskappe van kruie en essensiële olies in te sluit ruik die lyfsalwe heerlik. Kies eenvoud, kies die kennis van ons voorsate.


'n Moet-hê vir alle huishoudings of handsak.
Vir geringe skrape, vel-uitslae, gebarste hakke, muskietbyte, nuwe tatoeëermerke en puisies.
Die kern van hierdie strelende balsem is suiwer skaaptalg (tallow), wat die vermoë het om die vel se natuurlike genesingsproses aan te wakker. Dit bevat kasterolie, bekend vir sy antimikrobiese en anti-inflammatoriese eienskappe. Sinkoksied verskaf 'n beskermende laag wat jou vel beskerm teen eksterne irritante terwyl dit ook genesing van die vel versnel. Die essensiële olies – naeltjie, tiemie, laventel, patchouli en teeboom – het elk hul eie unieke antiseptiese en kalmerende eienskappe.
Die potjie hou lank want 'n klein bietjie het groot oemfh.
​
Lipsalwe / Lip balms









