
Eenvoud.
Vryloop Karoo skaaptalg is die hart van ons produkte.
Maar dis meer as 'n natuurlike produk vol vitamines. Dis 'n ritsueel, 'n bestandeel wat oerou-kennis inspan . . . 'n tuiskoms.
​
ONTMOET VIR CARLA
Ek is Carla en O, VET! is my breinbaba. (Bestaan daar so 'n woord in Afrikaans?)
Ek het altyd gespot dat indien ek Cleopatra was sou ek nie in heuning en melk gebad het nie. Ek sou in skaapvet bad. Wie sou kon raai dat dit die saadjie sou ontkiem en O, VET! tot gevolg hê?!
Ek is 'n ma van drie pragtige dogters en ek was nog altyd ingestel om wat ek op hulle velle gebruik. Ek was opsoek na produkte wat die hele gesin kon gebruik, wat natuurlik, veilig en effektief is maar ook volhoubaar. Die skaapvet wat ons gebruik in ons produkte word gereeld deur boere weg gegooi en ek het gehunker daarna om die eenvoud en kennis van ons voorsate in te span vir 'n natuurlike velreeks. Na ek en ons gesin skaaptalg (tallow) op ons vel begin gebruik het, was ek (en selfs ons pikkies) gek daaroor.
​
Ons voorneme:
O, VET! is toegewyd daaraan ons effektiewe natuurlike produkte te skep wat lekker ruik. Elke produk word sorgvuldig in klein hoeveelhede vervaardig en op so 'n standaard dat ek en my gesin dit daagliks gebruik.
​
Stuur asseblief vir my terugvoer oor jou ondervinding met O, VET! of enige voorstelle wat jy het. Ek wil so graag van jou hoor!
Dankie dat jy deel is van die O, VET! verhaal.
Mag jy en joune geseënd wees.
Groete,
Carla xxx

