
Eenvoud.
Vryloop Karoo skaaptalg is die hart van ons produkte.
Maar dis meer as 'n natuurlike produk vol vitamines. Dis 'n ritsueel, 'n bestandeel wat oerou-kennis inspan . . . 'n tuiskoms.
ONTMOET VIR CARLA
Ek is Carla, en ek het O, VET! aan die begin van 2025 begin.
Ek het altyd gespot dat, as ek Cleopatra was, ek nie in heuning en melk sou bad nie maar in skaapvet. Wie sou kon raai dat daardie grappie die saadjie sou plant wat uiteindelik tot O, VET! sou lei?
Ek is ’n ma van drie pragtige dogters, en ek was nog altyd bewus van wat ek op hulle velle gebruik. Ek was op soek na produkte wat die hele gesin kon gebruik — natuurlik, veilig en werklik doeltreffend, maar ook volhoubaar.
Ek het ’n diep waardering ontwikkel vir die eenvoud en wysheid van ons voorsate, en ’n begeerte om dit weer tot lewe te bring in ’n moderne, natuurlike velreeks.
Toe ons as gesin skaaptalg begin gebruik, was die verskil merkbaar. Ons het eenvoudig nie weer teruggekyk nie, selfs ons kinders het dit geniet.
Ons voorneme
O, VET! is toegewyd daaraan om effektiewe, natuurlike produkte te skep wat nie net werk nie, maar ook ’n plesier is om te gebruik. Elke produk word sorgvuldig in klein hoeveelhede vervaardig, volgens standaarde wat ek met vertroue daagliks op my eie gesin gebruik.
Ek hoor graag van jou of dit nou jou ervaring met O, VET! is, of idees en voorstelle wat jy wil deel.
Dankie dat jy deel is van die O, VET! verhaal.
Mag jy en joune geseënd wees.
Groete,
Carla xxx
